RootsWeb.com Mailing Lists
Total: 1/1
    1. [BP] Genealogie- & Familie-Erfenisfees 31.08.2013 te Lynnwoodrif
    2. Isabel Groesbeek
    3. Beste lyslede GENEALOGIE- & FAMILIE-ERFENISFEES Hiermee 'n hartlike uitnodiging om te kom saamkuier by die sesde jaarlikse fees. Isabel vier vanjaar ook haar 25 jaar betrokkenheid by genealogie as wetenskap. Vir diegene wat te ver bly, nooi jul familie en vriende in Pretoria en omgewing om te kom saamkuier! Die saamtrek van ervare navorsers en verteenwoordigers van familiebonde en genealogie verenigings is 'n unieke geleentheid om alle genealogiese vrae in gesellige atmosfeer te kom stel. Oorweeg ook gedurende 'n naweekkuier 'n besoek aan o.a. die Voortrekkermonument en -museum, asook die Erfenissentrum op die Voortrekkermonumentterrein in die GROOT TREK 175-feesjaar op die Sondag na die fees. Inligtingsessies rakende rekenaartegnologie, DNS en foto-identifisering vind ook die loop van die oggend plaas. Teetuin, kosstalletjies en pretpark vir kinders op feesterrein. Koste: Gratis toegang - bring geldjie vir iets te ete en te drinke, pretpark en aankoop van boeke Wil jul familiebond nie ook kom uitstal nie. Inskrywings vir stalletjies sluit 24 Julie (inskrywingsvorm op aanvraag beskikbaar). Detailprogram re inligtingsessies, asook 'n lys van uitstallers sal ook op aanvraag teen begin Augustus by Isabel beskikbaar wees. Uitstallers oor die loop van jare (2008-2012): ABOOKOR2 / AFRICANA VERENIGING / ANDREW MURRAY FAMILIEBOND / BARKHUIZEN / BEKKER / BISSCHOFF / BOOYSEN / DIEDERICKS / DIE ERFENISSTIGTING / FAK / FOURIE / GENEALOGIESE GENOOTSKAP VAN SA / GENEALOGICAL SOCIETY OF SA / GERMAN FAMILY RESEARCH / HENNING / HUMAN / JORDAAN / LABUSCHAGNE / LAMPRECHT / LEMMER / MALAN / MULLER / PROTEA BOEKHUIS / UECKERMANN / VAN WYK / VENTER __________ Information from ESET Smart Security, version of virus signature database 8585 (20130719) __________ The message was checked by ESET Smart Security. http://www.eset.com -- This message has been scanned for viruses and dangerous content by Pinpoint, and is believed to be clean.

    07/19/2013 10:12:48