RootsWeb.com Mailing Lists
Total: 1/1
    1. Re: [BP] SKAAP- EN BEESBOER TREKBOERE NA DIE OOS-KAAP
    2. Daniel Jacobs
    3. Beste Vriende In Prof. C.F.J. Muller se boek Die Oorsprong van die Groot Trek noem hy m.b.t. hierdie onderwerp op bl. 318 ook die volgende: "As skaapboer sou Hendrik Potgieter hom weer veel moeiliker by die subtropiese klimaat van die Natalse kusvlakte kon aanpas: hy sou sy boerdery ingrypend moes versoen met die vreemde toestande." Ek soek nou nog net 'n bron wat aandui tot watter mate die trekboerstroom deur die Karoo 'n skaapboer stroom was al dan nie en die trekboerstroom wat uiteindelik tussen die Lange- en die Swartberge beweeg het 'n beesboer stroom al dan nie. Groete Daniel Jacobs 2013/7/5 Daniel Jacobs <danielmalanjacobs@gmail.com> > Beste Vriende > > In Prof. C.F.J. Muller se boek Die Oorsprong van die Groot Trek noem hy > m.b.t. hierdie onderwerp op bl. 278 die volgende (dit gaan oor die > sogenaamde Uys-Kommissie van 1834): "Uit die Olifantshoek, waar 'n strek > konsentrasie beesboere op die Oosgrens se suidflank langs die see gewoon > het, het Piet Uys dan die kern van sy verkenningsgeselskap gehaal. Dat dit > dit juis dié beesboere sou wees wat te midde van toenemende onrus en > ontevredenheid intens in die (volgens alle kontemporêre berigte) besonder > aantreklike kusvlakte om Port Natal sou belang stel, is heel begryplik." > > Groete > > Daniel Jacobs > > > 2013/6/30 Daniel Jacobs <danielmalanjacobs@gmail.com> > >> Beste Vriende >> >> Ek het maar eers redelik onlangs gelees dat die trekboere wat tussen die >> Lange-en Swartberge Oos-Kaap toe getrek het se fokus op beesboerdery was, >> terwyl die wat met die Karoo se Roggeveld-en Nuweveldberge langs getrek het >> se fokus op skaapboerdery was. Dit is eintlik logies as mens na die >> landboupotensiaal van die gebiede kyk. >> >> Nou verstaan ek ook waarom my Jacobse wat vanaf Bokrivier (tussen Ceres >> en Touwsrivier) deur die Karoo Graaff-Reinet toe getrek het, in die >> Winterveld veldkornetskap (huidige Richmond-omgewing) van Graaff-Reinet >> geeindig het. Daarvandaan is hulle uiteindelik na die Suid-Vrystaat (ons >> het weer in die Wes-Kaap beland omdat my oupagrootjie op 14 jarige ouderdom >> van die huis af weggeloop het na sy Oupa Malan wat op daardie stadium in >> die Zeerust-distrik gewoon het, maar in die vroee 1890's weer teruggetrek >> het Wellington toe.) >> >> Ek het verstaan dat dit ook een van die hoofredes was waarom iemand soos >> Piet Uys verkies het om Natal-toe te trek. Ek verbeel my ek het iewers >> gelees dat die mense van die Tarka wat saam met Potgieter is weer >> merendeels uit skaapboere bestaan het. Aangesien mens nie in Noordwes - >> waar baie van die mense geeindig het - met skape kan boer nie wonder ek of >> dit wel so was. Sou dit so wees, moes hulle dan uiteindelik van hulle skape >> ontslae geraak het en met beeste begin boer het. >> >> Ek het ook iewers gelees dat die skaapboere met die Natal-toe trekkery >> aan die begin van die Groot Trek dan ook baie verliese gelei het. >> >> Is die onderwerp dalk al iewers behoorlik nagevors? >> >> Groete >> >> Daniel >> Ns. My swaer wat in die Overberg boer het onlangs aan my genoem dat dit >> vandag nog Uyse is wat die voorste telers van die Drakensberg beesras is. >> Die ras het ontstaan uit die sogenaamde Uys beeste waarmee die Uyse vanaf >> die Overberg Oos-Kaap en uiteindelik Natal toe is. 'n Mnr Wessels van die >> Overberg het baie navorsing oor o.a. die beesras gedoen. >> >> Piet Uys se geboorteplek is net anderkant Stormsvlei op pad Swellendam >> toe. Mens gaan so 5 of wat kilometer anderkant Stormsvlei oor die Hessequa >> Rivier. Die opstal was net links van waar die Rivier onderdeur die N2 loop. >> Mens gaan glo deur 'n klofie wat sigbaar is vanaf die pad om by die plek te >> kom waar die opstal was. Die Rapportryers tak van Riviersonderend het daar >> 'n gedenkplaat opgerig. >> >> -- >> Vir gratis Genealogiese Handleiding gaan na www.gendata.co.za >> >> Siebrits/du Toit/Meyer/Zeeman/De Villiers (Franschhoek/Paarl) >> Jacobs/Oberholster/Smith (Graaff-Reinet/Fauresmith) >> Le Roux/Van der Merwe (Villiersdorp) >> Louw/Brink (Kaapstad/Wellington) >> De Vos (De Doorns/Wellington) >> Malan (Wellington/Zeerust) >> Ungerer (Swellendam) >> Smith (Wellington) >> > > > > -- > Vir gratis Genealogiese Handleiding gaan na www.gendata.co.za > > Siebrits/du Toit/Meyer/Zeeman/De Villiers (Franschhoek/Paarl) > Jacobs/Oberholster/Smith (Graaff-Reinet/Fauresmith) > Le Roux/Van der Merwe (Villiersdorp) > Louw/Brink (Kaapstad/Wellington) > De Vos (De Doorns/Wellington) > Malan (Wellington/Zeerust) > Ungerer (Swellendam) > Smith (Wellington) > -- Vir gratis Genealogiese Handleiding gaan na www.gendata.co.za Siebrits/du Toit/Meyer/Zeeman/De Villiers (Franschhoek/Paarl) Jacobs/Oberholster/Smith (Graaff-Reinet/Fauresmith) Le Roux/Van der Merwe (Villiersdorp) Louw/Brink (Kaapstad/Wellington) De Vos (De Doorns/Wellington) Malan (Wellington/Zeerust) Ungerer (Swellendam) Smith (Wellington)

    07/05/2013 10:40:24