RootsWeb.com Mailing Lists
Total: 1/1
    1. [BP] Heese se "Die Herkoms van die Afrikaner" nou beskikbaar as e-boek
    2. Colin Pretorius
    3. Met die lyseienaars se toestemming kondig ek graag aan dat Prof JA Heese se welbekende "Die herkoms van die Afrikaner 1657-1867" nou elektronies beskikbaar is by www.cdbooks-r-us.com Hierdie boek van 335 bladsy is die uitvloeisel van Prof Heese se uitgebreide navorsing oor Afrikanerfamilies. Die hoofdoel van hierdie navorsing was om te bepaal hoeveel van die Europese setlaars (hoofsaaklik van Duitse en Hollandse oorsprong) met anderskleurige dames getroud is en wat die impak daarvan op die genetiese "mengsel" van die Afrikaner is. Die eerste deelte van die boek (sowat 60 bladsye) gee die agtergrond tot die studie oor die herkoms van die Afrikaner. Die goed gedokumenteerde gedeelte, wat sprekend is van Heese se navorsingstyl, word afgerond met 'n bronnelys en lys van afkortings wat in die res van die boek gebruik word. Onder die titel "Die herkoms van die Afrikaner" word hierdie gedeelte in 3 tydperke verdeel (1657-1807, 1808-1837 en 1838-1867) voordat 'n opsomming met samevattende tabel die resultate van die studie weergee (o.a. hoe die Afrikaner se genetiese mengsel daar uitsien). Die tweede en grootste (±270 bladsye) gedeelte van die boek, onder die titel "Lyste van Stamvaders" bespreek dan in 7 tydvakke (1657-1687, 1688-1717, 1718-1747, 1748-1777, 1778-1807, 1808-1837 en 1838-1867) die genetiese samestelling van die onderskeie Afrikanerfamilies. 'n Aanvullende lys word ook verskaf. Meer besonderhede is op die www.cdbooks-r-us.com webblad beskikbaar. Die inhoudsopgawe, voorwoord asook 'n aantal ander bladsye kan ook daar afgelaai word. Hierdie besonderse boek is 'n moet vir die wat in die genealogie en sosiale geskiedenis van die Afrikaner belangstel. Navrae moet asb direk aan my gerig word en nie aan die Buitenposten lys nie Groete Colin Pretorius

    07/27/2013 08:35:20