Goeie more, Ek wonder of iemand dalk inligting oor die volgende dame het: Christina Catharina STEVENS ~19 Mrt 1820, Stellenbosch. Haar ouers was Charles STEVENS en Aletta Maria Fransiena LAMOER DE ALAM ?? Volgens 'n epos van n navorser is sy op 24/2/1845 te Richmond getroud met Philip Davy SCOTT (geen bron word gegee nie). Ek probeer die huwelik bevestig, maar weet nie van watter Richmond gepraat word nie - ek vermoed dis in die Oos Kaap. Kan iemand dalk help met inligting van kerke en waar ek kerk -rekords vir Richmond vir 1845 kan opspoor? Groete, Scott Kotze