Lyslede, Ek het nou al wonderlik gevorder met my soekwerk na bogenoemde gesin deur die hulp van lyslede war vir my naslaanwerk in die TAB gedoen het en sommer hul eie navorsing ook aangestuur het. Baie, baie dankie! Nou "makeer" (soos die mense hier by ons sĂȘ) ek nog net 'n paar dokumente in die VAB. Ek weet regtig nie eers waar om te begin vra nie. Die dokumente is : - MHG L1171 Deel 1 1895 Louw, Maria Philippina Charlotta * Labuschagne, eggenote van PIM du Plessis, Bernardus Rudolf Buys en Wynand Louw. - MHG P979 1899 PIM du Plessis - Ander Argiewe Vol 2/1114 Orange River Colony Volunteer Repatriation Org. Promisory Note 1902. PIM du Plessis. Is daar moontlik iemand wat kan help of wat planne aan die hand kan gee hoe ek kan maak om die informasie te kry. Ek sal dit geweldig waardeer! Dankie solank. Ria van den Heever