Goeiedag uit Potch My hoop is gevestig op De Bruyn navorsers en wie ookal mag weet! Ek wil graag meer inligting kry oor ene Nic. De Bruyn, wat blykbaar blykbaar vroeër n heemraad van Swellendam was, die tydvak is middel 1700s en later. Hy was ook betrokke by n grenskommissie van 1769-1770 (o.l.v landdros L.S. Faber van Stellenbosch & landdros J.F. Mentz van Swellendam) en hy het blykbaar ook die verslag van die kommissie onderteken. In SAG 1 (bl 479) se De Bruyns verskyn b2 Nicolaas *ca 1713 +Swellendam 1774 x Sarah Gous en hy kan wel n kandidaat wees. Is daar n lyslid wat reeds die Swellendamse Heemraad Nic De Bruyn positief geidentifiseer het of andersyds kan bevestig dat b2 Nicolaas *1713 die man is. ( Die inligting word benodig vir GGSA-Noorwes se takjoernaal Famnea) Groetnis, Simon.