Note: The Rootsweb Mailing Lists will be shut down on April 6, 2023. (More info)
RootsWeb.com Mailing Lists
Total: 1/1
    1. Re: [BP] Rebellie 1914 - 1916 J C van der Merwe Pretoria tronk nr 8175
    2. Elmien Wood
    3. Hallo Janet Wat ʼn interessante vraag! Ek dink die militêre museum in Pretoria sal jou kan help. Hulle het my jare gelede gehelp met gegewens van my oupa. Dan is daar die boek Andries Raath en Danie Langner (Reds.). Die Afrikanerrebellie 1914-1915. Kraal-uitgewers. Ek het gedink ek het die boek, maar ek het hom defnitief nie. Ek gaan dit koop, maar dit sal ʼn tydjie vat om hierheen gepos te word. Die nommer 2175 laat my wonder. Ek weet in die Tweede Vryheidsoorlog het die gevangenis nommers gekry wat kronologies volgens gevangeneming gegee is. Dit is gepubliseer. As iemand nie die naam van die boek maklik kan gee nie, sal ek daarna soek. Dit gee die naam van die krygsgevangene, sy ouderdom, waar hy gevange geneem is en sy plaas se naam. Ek het dit in die National Archives nageslaan toe ek en Malcolm in Londen was. Ek weet dat daar ʼn paar kopieë in Suid-Afrika is. Janet, ek het nou omtrent ʼn uur en ʼn half bestee om die boek se naam te kry en ek is verskriklik bly, want ek het goed gekry wat ek gister gedink het, saam met my gesteelde rekenaar in die niet verdwyn het. Die naam van die boek volgens die foto wat ek geneem het is: Nos. 1-206. LIST OF PRISONERS OF WAR IN NATAL. Ek dink dit is eintlik ʼn reeks pamflette wat later saam gebind is in ʼn boek. Volgens die National Archives in Kew: registers of Boer war prisoners, recorded in prisoner number order and arranged by area of confinement (for example, Natal, Transvaal), in WO 108. Please note, some of these are available on Findmypast (£). http://www.nationalarchives.gov.uk/help-with-your-research/research-guides/prisoners-of-war-british-hands/ Ek dink die Oorlogsmuseum in Bloemfontein het ook ʼn kopie. Dalk kan iemand in Bloemfontein vir jou gaan kyk of daar ʼn J. C. van der Merwe is wat op Lichtenburg gevange geneem is. Dit lyk asof hy twee van die klip gedenkplate gemaak is en dat een deur Stephan Welz verkoop is. Hierdie tweede een het die inskripsie "Aan Sarie". Dalk help dit. http://www.swelco.co.za/Index.cfm?fuseaction=sales.lots&SaleID=2459&Session=4&ItemID=51015 Groete Elmien -----Original Message----- From: BUITENPOSTEN [mailto:[email protected]] On Behalf Of Janet Melville via BUITENPOSTEN Sent: 08 January 2017 02:37 PM To: [email protected] Cc: Janet Melville <[email protected]> Subject: [BP] Rebellie 1914 - 1916 J C van der Merwe Pretoria tronk nr 8175 Ek is nog steeds op soek na die JC van der Merwe wat die beeldhouwerk van die Unie van Suid Afrika gekerf het van klip wat blykbaar deur prioniers van Indie gebring is. Hy het dit vir Elizabeth Helena van der Merwe gebore 3.4.1881 gedoop Sutherland 23.4.1881 en oorlede Athlone Privaat Hospitaal, Germiston 22.7.1935 geskenk oud 54jr sy was die dogter van Schalk Willem Petrus van der van Merwe van Calvinia bekend as Kort Willem en is getroud met Joseph Johannes Kuhn gebore Krugersdorp 15,3,1881 en oorlede Stellenbosch 6.2.1937. Ds Kuhn het o.a. as vrywilliger van die Neder Hervormde of Gereformmeerde kerk na Oos Afrika op 19 April 1910 gegaan het vergesel deur ouderling H V (Hennie) van der Merwe die reiskoste is betaal deur weduwee S A Muller. Die J C van der Merwe het die Veeldhouwerk vir haar geskenk en agter op geskryf To Mrs J Kuhn en die familie is vandag nog I besit van die beeldhouwerk. Die problem ons weet nie wie die J C van der Merwe Nr 2175 - is nie Hy het dit gekerf terwyl hy in die tronk was 1914 - 1916 se rebelle - hy was gevang in die Lichtenburg omgewing - is daar enige iemand watm kan help. Watter commando was in Lichtenburg gevang. Ek het n mooi foto van die beeldhouwerk maar indien jy die J C google sal jy dit ook wel kry. Weet enige ook waarvan die klip is en is dit waar dat dit van Indie terug gebring is na die Boere Oorlog. Agterop die beeld is geskryf to Mrs J Kuhn Dankie Janet Melville ' +27 41 368 4668 (Home) ' 083 642 7744 (Cell) : <mailto:[email protected]> [email protected] ------------------------------- To unsubscribe from the list, please send an email to [email protected] with the word 'unsubscribe' without the quotes in the subject and the body of the message ----- No virus found in this message. Checked by AVG - www.avg.com Version: 2016.0.7996 / Virus Database: 4749/13728 - Release Date: 01/08/17

    01/08/2017 10:59:33