Hallo lyslede Die mense wat in die verafgeleë distrikte gebly het moes dikwels na Kaapstad of Stellenbosch reis. Hulle moes alle dokumente in die Kasteel onderteken het en die kontrak op hulle leenplase moes jaarliks hernu word. Hulle moes ook vir elke doop Stellenbosch toe gaan, want die kerk op Swellendam is eers na die Britse oorname gestig. My vraag is nou: Hoe lank was die reis na Stellenbosh en Kaapstad? As mens uitspanplekke gebruik weet ek dat die plek Hardekraaltjie in Bellville ʼn uitspanplek was. Dit beteken dat so ʼn besoek baie lank geduur het. Het iemand meer inligting? Groete Elmien Elmien Wood Bellville <mailto:[email protected]> [email protected]