Note: The Rootsweb Mailing Lists will be shut down on April 6, 2023. (More info)
RootsWeb.com Mailing Lists
Total: 2/2
    1. [BP] BRITSE ABO REGIMENTE - LICHTENBURG
    2. Daniel Jacobs
    3. Beste Vriende By http://samilitaryhistory.org/vol141sw.html staan die volgende m.b.t. Lichtenburg in die tyd van die ABO: "The town was occupied by the British for a few days in June 1900 and then on a permanent basis from late November 1900. It became an important supply depot and the British garrison of 620 men comprised infantry, artillery and Yeomanry, specifically the 10th Company, 3rd Battalion, IY, and two companies of Paget's Horse, or the 19th Battalion, IY." Soldate van Paget's Horse was tydens die ABO op Generaal de la Rey se plaas Elansfontein gestasioneer. A.D. Bosman vertel op bl. 45 van sy boek Lichtenburg 1865-1985 die volgende oor twee offisiere wat tydens die ABO op Elandsfontein doodgeskiet is: "Op ‘n keer het genl. Koos de la Rey ‘n paar burgers gestuur om te gaan kyk of die huis nog staan. Hulle het tussen die fynbos nader gesluip en toe hulle die huis in sig kry, kom twee offisiere net die huis uitgestap. Die versoeking was groot. Die burgers lê aan en skiet albei dood. Hierdie daad het daartoe aanleiding gegee dat Lord Methuen die huis later tot op die grond laat afbreek het.” Meintjies noem op ble. 230-231 van sy Lion of the West: "De la Rey was furious with his scout and upbraided him for shooting men in cold blood; but what was the use; the deed had been done, and the house was a pile of rubble." In sy kompensasie eis na die ABO (verwysing CJC nr. 481) sê Generaal de la Rey die volgende in 'n verklaring: “In or about November 1901 my house, measuring 70 feet by 45 feet was razed to the ground by Col. Dashwood being of the value of £1200.” In die Sarie van 13 Junie 1951 staan die volgende: "Die Engelse soldate het die plaashuis spoedig beset en omdat dit so na aan die dorp is, het hulle dit gebruik as ‘n offisiersmenasie tot vier maande voor die einde van van die oorlog. Daarna het hulle die huis se mure tot op die fondamente afgebreek en die klipstene met muilwaens na die veld gery en oor die vlaktes verstrooi." So die huis is nie afgebrand nie, maar afgebreek. Ek kon tot dusver nog nie vasstel waar in Engeland Paget's Horse se regiment rekords is nie. Ek sal graag meer wil probeer uitvind van die insident. By Arthttp:// www.militarysunhelmets.com/2012/pagets-horse-in-the-boer-war is 'n artikel oor hulle, maar daar is nie enige verwysings na hulle regiment rekords nie. Groete Daniel Jacobs Webtuiste: www.gendata.co.za Vir gratis Genealogiese Handleiding gaan na http://bit.ly/genhandleiding Siebrits/du Toit/Meyer/Zeeman/De Villiers (Franschhoek/Paarl) Jacobs/Oberholster/Smith (Graaff-Reinet/Fauresmith) Le Roux/Van der Merwe (Villiersdorp) Louw/Brink (Kaapstad/Wellington) De Vos (De Doorns/Wellington) Malan (Wellington/Zeerust) Ungerer (Swellendam) Smith (Wellington)

    02/18/2017 07:21:33
    1. Re: [BP] BRITSE ABO REGIMENTE - LICHTENBURG
    2. Linda Farrell
    3. Hallo Daniel, Die boek, *"The colonials in South Africa, 1899-1902, their record, based on the despatches"* deur Stirling, John Featherstone, verwys ook na Paget, dalk kan jy iets daarin kry. Die boek kan hier afgelaai word: https://archive.org/details/colonialsinsouth00stirrich Het jy al hier gaan rondkrap? http://www.angloboerwar.com/unit-information/imperial-yeomanry-by-company/1946-imperial-yeomanry?showall= Dan is daar hierdie boek wat dalk ook by 'n biblioteek naby jou beskikbaar is:* "The Cossack Post. Journal of B Squadron, Paget's Horse, De La Rey's Farm, Lichtenberg, Transvaal, February to May, 1901. [With illustrations.]."* https://www.worldcat.org/title/cossack-post-journal-of-b-squadron-pagets-horse-de-la-reys-farm-lichtenberg-transvaal-february-to-may-1901-with-illustrations/oclc/877346758&referer=brief_results Groete Linda 2017-02-18 23:21 GMT+11:00 Daniel Jacobs via BUITENPOSTEN < [email protected]>: > Beste Vriende > > By http://samilitaryhistory.org/vol141sw.html staan die volgende m.b.t. > Lichtenburg in die tyd van die ABO: > > "The town was occupied by the British for a few days in June 1900 and then > on a permanent basis from late November 1900. It became an important supply > depot and the British garrison of 620 men comprised infantry, artillery and > Yeomanry, specifically the 10th Company, 3rd Battalion, IY, and two > companies of Paget's Horse, or the 19th Battalion, IY." > > > Soldate van Paget's Horse was tydens die ABO op Generaal de la Rey se plaas > Elansfontein gestasioneer. > > > A.D. Bosman vertel op bl. 45 van sy boek Lichtenburg 1865-1985 die volgende > oor twee offisiere wat tydens die ABO op Elandsfontein doodgeskiet is: > > > "Op ‘n keer het genl. Koos de la Rey ‘n paar burgers gestuur om te gaan kyk > of die huis nog staan. Hulle het tussen die fynbos nader gesluip en toe > hulle die huis in sig kry, kom twee offisiere net die huis uitgestap. Die > versoeking was groot. Die burgers lê aan en skiet albei dood. Hierdie > daad het daartoe aanleiding gegee dat Lord Methuen die huis later tot op > die grond laat afbreek het.” Meintjies noem op ble. 230-231 van sy Lion of > the West: "De la Rey was furious with his scout and upbraided him for > shooting men in cold blood; but what was the use; the deed had been done, > and the house was a pile of rubble." > > > In sy kompensasie eis na die ABO (verwysing CJC nr. 481) sê Generaal de la > Rey die volgende in 'n verklaring: > > > “In or about November 1901 my house, measuring 70 feet by 45 feet was razed > to the ground by Col. Dashwood being of the value of £1200.” > > > In die Sarie van 13 Junie 1951 staan die volgende: > > > "Die Engelse soldate het die plaashuis spoedig beset en omdat dit so na aan > die dorp is, het hulle dit gebruik as ‘n offisiersmenasie tot vier maande > voor die einde van van die oorlog. Daarna het hulle die huis se mure tot > op die fondamente afgebreek en die klipstene met muilwaens na die veld gery > en oor die vlaktes verstrooi." > > > So die huis is nie afgebrand nie, maar afgebreek. > > > Ek kon tot dusver nog nie vasstel waar in Engeland Paget's Horse se > regiment rekords is nie. Ek sal graag meer wil probeer uitvind van die > insident. By Arthttp:// > www.militarysunhelmets.com/2012/pagets-horse-in-the-boer-war is 'n artikel > oor hulle, maar daar is nie enige verwysings na hulle regiment rekords nie. > > > Groete > > > Daniel Jacobs > > Webtuiste: www.gendata.co.za > > Vir gratis Genealogiese Handleiding gaan na http://bit.ly/genhandleiding > > Siebrits/du Toit/Meyer/Zeeman/De Villiers (Franschhoek/Paarl) > Jacobs/Oberholster/Smith (Graaff-Reinet/Fauresmith) > Le Roux/Van der Merwe (Villiersdorp) > Louw/Brink (Kaapstad/Wellington) > De Vos (De Doorns/Wellington) > Malan (Wellington/Zeerust) > Ungerer (Swellendam) > Smith (Wellington) > > ------------------------------- > To unsubscribe from the list, please send an email to > [email protected] with the word 'unsubscribe' without the > quotes in the subject and the body of the message

    02/19/2017 04:59:02