Beste lyslede Ek het nog nooit daaraan gedink wat gebeur het nadat die VOC ophou bestaan het nie. Wat het van al die werknemers geword wat nou skielik sonder werk was? Die hoƫ amptenare het seker teruggegaan Nederland toe, maar wat van byvoorbeeld die bosbouers, die opsigters van die ponte, die poshouers en die staande mag aan die Kaap? Wat van die vroue in Nederland (of ander plekke) wat elke jaar drie maande se loon van haar man gekry het? Wat van die mans wat nou nie meer kon teruggaan Europa toe nie? Huwelikke het seker bloot doodgeloop. Wat het van die skepe geword? Is dit verkoop? Weet iemand van enige publikasies wat daaroor handel? Interessante onderwerp vir kultuurhistorici. Groete Elmien Elmien Wood Bellville <mailto:[email protected]> [email protected]