Beste Lyslede Ek wil bitter graag die oorspronklike huweliksinskrywing van Heinrich Muller en Willemina Susanna sien. Hulle is op 15 April 1792 getroud en ek kry nie hierdie troue nie. Ek het op familySearch en eGGSA gekyk, maar ek kry dit nie. Willemina Susanna (= 1788) se ouers was Willem Odendaal (de sogezegde vader is Willem Otendaal) en Anna Catharina Elizabeth van Eeden. (SAG 5b: 726 het hier die bruid se ma as die vrou aangegee). Ek wil graag weet of die so gesegde vader ooit vaderskap erken het. Is Willemina Susanna as “Van Eeden” of as “Odendaal” getroud? Willem Odendaal is óf b3c1d3 Willem Jacobus = 1772 of b6c1 = 1764. Of is daar ʼn ander Willem wat voor 1788 gebore is? Groete Elmien Elmien Wood Bellville <mailto:[email protected]> [email protected]