(geplaas met die lyseienaars se toestemming) JP Claasen se baie interessante boek "Die Jerusalem-gangers" is nou in elektroniese formaat beskikbaar. Die Jerusalemgangers was 'n groep Voortrekkers wat na Jerusalem wou trek, onder andere om van die Britse oorheersing weg te kom. Hierdie goed-nagevorsde boek van 133 bladsye vertel die verhaal van hierdie groep trekkers teen die agtergrond van die politieke en godsdienstige woelinge van die tyd. Aandag word ook gegee aan diƩ wat in leiersposisies was. Spesiale aandag word geskenk aan die leier van die groep, Johan Adam Enslin. Meer inligting is op die www.cdbooks-r-us.com webblad beskikbaar. Enige navrae moet asb direk aan my gerig word, en nie aan die lys nie Groete Colin