Hallo almal Die volgende word met die lyseienaars se toestemming geplaas. Die Jordaan familieregister ("Jourdan/Jordaanfamilie in SA: 'n genealogiese register vanaf 1688") is nou in elektroniese formaat beskikbaar by www.cdbooks-r-us.com. Die eboek, wat die drie oorspronklike gedrukte volumes in een soekbare PDF bevat, beslaan 1615 bladsye en bevat 33,038 name in 12,433 families. Die inhoudsopgawe sowel as die voorwoorde en inleiding is gratis aflaaibaar op die www.cdbooks-r-us.com webblad Marthinus Jordaan se proefskrif oor die Jordaan familiegeskiedenis ("Die Jordaanfamilie - 'n historiese ontleding van hul genealogie en die vestiging van 'n toerismeroete"), wat ook onder die titel "Van Cabrieres D'Aigues tot Cap de Bonne Esperance" beskikbaar is, is nou ook as eboek beskikbaar. Die eboek beslaan 333 bladsye Die twee eboeke is ook as 'n bundel beskikbaar. Meer inligting oor die eboeke is op die www.cdbooks-r-us.com webblad beskikbaar, waar bestellings ook geplaas kan word. Enige vrae is moet asb direk aan my by bostaande adres gerig word en nie op die lys nie. Groete Colin