Beste Lyslede Dit lyk vir my as mens raad vra en nie ʼn opsomming maak van wat geantwoord word nie, raak die inligting weer net verlore. Eerstens, baie dankie aan diegene wat raad gegee het: Watter stappe om te volg: 1. Die gewone Search > Records op FamilySearch 2. Die katalogus soektog: Search > Catalog 'n pleknaam in. (Soms het dit 'n filmteken by, dan kan jy dit by een van hulle Research Centers gaan bestel (teen 'n bedraggie) en daar daarna kyk.) Of soek met “South Africa” Dirk Laurie Gebruik die “keyword”-veld Linda Farrell Onder "Place", begin die naam van die ou provinsie (soos "Cape", "Transvaal", ens.) intik. Opsies sal verskyn, waaruit jy dan kies. As dit nie geindekseer is nie: Soek nou onder die lys van fotoreekse laer af na die een wat klop met die spektrum van beide die verwysingsnommer en jaartal. Dirk le Roux Gebruik die dorp se naam. Stoffel Willemse 3. Linda Farrell se opsommings (Dalk kan iemand die verwysing gee, ek het my afskrifte in ʼn lêer.) 4. FamilySearch: Toe ons in Salt Lake City was, ek ons na ʼn lesing gaan luister oor hoe om te soek. Daar was een vreeslike groot probleem vir my – ek het my aantekenkode vir FamilySearch vergeet. Dit is nie ʼn onoorkoomlike probleem nie, want hulle gee vir jou ʼn nuwe aantekenkode. Die lollery was net dat die aantekenkode per selfoon gestuur word en Vodacom en MTN is nie internasionaal nie. Op die ou end het alles uitgewerk. Wat ek wil sê is dat as mens aanteken wanneer jy FamilySearch gebruik mens baie voordele kry. Ek doen dit ook nie gewoonlik nie, maar ek behoort. Mens kry ook die lesings wat mens in Salt Lake kan bywoon aanlyn. Ek het hier een skakel waarop mens meer kan uitvind oor die onderstaande: https://familysearch.org/ask/landing?search=getting%20started <https://familysearch.org/ask/landing?search=getting%20started&show=lessons&message=true> &show=lessons&message=true <https://familysearch.org/ask/learningViewer/61> If I’d Only Known! Beginner Genealogy Mistakes <https://familysearch.org/ask/learningViewer/451> How To Navigate the Family Tree Tool Overview <https://familysearch.org/ask/learningViewer/235> Germany Beginning Research Series Lesson 1: Getting Started <https://familysearch.org/ask/learningViewer/452> How To Find Your Ancestors In Your Family Tree Ek het nie na een van hulle gekyk nie, sal graag wil weet of dit vir iemand van hulp is. Ek gaan nou elke keer wanneer ek FamilySearch gebruik aanteken – dit het geen nadele nie en baie voordele en dan vergeet mens nie jou aantekenkode nie! Groete op hierdie Maandag. Elmien Elmien Wood Bellville [email protected] <mailto:[email protected]> No virus found in this message. Checked by AVG - www.avg.com <http://www.avg.com/email-signature> Version: 2016.0.8012 / Virus Database: 4769/14282 - Release Date: 04/10/17