Naand almal Weet iemand dalk waar ek met die kinders van Ds Abraham Petrus Smit, NG dominee, geskiedskrywer en die oud argivaris van die Kaapse kerk in kontak kan kom? Sover ek weet het hy twee seuns gehad. Hy is as ek reg onthou in 1979 oorlede, en sy eerste vrou (Magrieta Wilhelmina du Toit) sowat 15 jaar voor dit. Sy tweede vrou was Anna Elisie De Villiers, wat voorheen met 'n Van der Merwe getroud was (en as iemand enige van sy boeke het en daarvan ontslae wil raak/smous, kontak my gerus direk) Groete Colin