Note: The Rootsweb Mailing Lists will be shut down on April 6, 2023. (More info)
RootsWeb.com Mailing Lists
Total: 1/1
    1. [BP] "... dit kom van ver af, van Piet le Roux se plaas."
    2. Daniel Jacobs
    3. Beste Vriende Iemand het vir my gevra of ek weet wie die Piet le Roux is wie se naam in die volgende liedjie voorkom: KINDERS, MOENIE IN DIE WATER MORS NIE Woorde: Tradisioneel Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: M. CASALEGGIO Kinders, moenie in die water mors nie, die ou mense wil dit drink, o kinders, moenie in die water mors nie, die ou mense wil dit drink. Dit kom van ver af, dit kom van ver af, dit kom van ver af, van Piet le Roux se plaas. [REFREIN] Staan, Poppie, staan en laat jou gedagte gaan dat jy vir my kan sę hoe ver die liefde lę. Dit kom van ver af, dit kom van ver af, dit kom van ver af, van Piet le Roux se plaas. Nooientjie, moenie alte gou sę ja nie; met "Ja" is jy weggegee, o nooientjie, dan is dit nie hy wat vra nie, maar jy; en dan sę hy: "Nee" Dit kom van ver af, dit kom van ver af, dit kom van ver af, van Piet le Roux se plaas. [REFREIN] Staan, Poppie, staan en laat jou gedagte gaan dat jy vir my kan sę hoe ver die liefde lę. Dit kom van ver af, dit kom van ver af, dit kom van ver af, van Piet le Roux se plaas. BRON: http://tortel.net/~lochner/blerkas/woorde/242.txt Ek kon nie iets kry in Dr Willem G. le Roux se Om Aan Te Proux - "iets oor die Le Roux-families in Suid-Afrika" nie. Dalk is daar iets in, maar ek het ongelukkig nie tyd om die hele boek deur te lees nie... Baie dankie! Vriendelike groete Daniel Jacobs Webtuiste: www.gendata.co.za Linkedin: linkedin.com/in/danielmalanjacobs Vir gratis Genealogiese Handleiding gaan na http://bit.ly/genhandleiding

    05/10/2017 05:31:08