Hallo Lyslede Twee vrae omtrent die Kleynhanse. In Hoge se Personalia se inskrywing oor Theodor Ernst Kleynhans kom daar nie ʼn verwysing na vryburgerskap voor nie. Op sy skeepsoldyrekening word aangedui dat hy “in leening” gaan, maar word ook niks van vryburgerskap gesê nie. http://www.gahetna.nl/collectie/archief/inventaris/gahetnascan/eadid/1.04.02/inventarisnr/14752/foto/NL-HaNA_1.04.02_14752_0015/fotouuid/d3b6a080-cea5-b326-0c9b-7382535eeeda/scan-index/457 (As dit nie werk nie gaan na http://www.gahetna.nl/collectie/archief/inventaris/gahetnascans/eadid/1.04.02/inventarisnr/14752 en soek na “scan” 457) Die opsomming gee wel vir rede “uit dienst” as “vrijburger”, maar ek het al talle foute in die opsommings gekry. In Leibbrandt se Precis of the Archives of the Cape of Good Hope: Requesten (memorials) kom Kleynhans ook nie voor nie. Daar is dus defnitief nie ʼn dokument in die Kaapse argiefbewaarplek waarin Kleynhans se versoek om vryburgerskap opgeteken is nie en ook nie op sy skeepsoldyrekening nie. Daar is dus ʼn groot moontlikheid dat hy nooit vryburgerskap gekry het nie. Nou hoe op aarde kon hy die eienaar geword het van ʼn plaas te Grootvadersbosch aan die Duivenhoksrivier volgens SAF (bladsy 12090 van 14544)? Die plaas se naam is in elk geval onvolledig. Volgens Hoge het hy op “Grootvadersbosch oor die Kliprivier aan die Duivenhoksrivier” gebly. (Daar is vier Grootvadersbosche as mens net sê Grootvadersbosch is dit ’n groot deurmekaarspul!) Was dit moontik om ’n kontrak op ’n leningsplaas te kry wanneer mens ’n leenkneg was? Tweedens, baie van die Kleynhans-kinders is nie as babas gedoop nie. Die volgorde waarin hulle in die geslagsregister verskyn is dus maar gissings. Ek het probeer om hulle te rangskik volgens troudatum; die ouers dogter trou voor die jonger een en dieselfde met die seuns en ook volgens hoeveel seuns en dogters Theodor gehad het soos op die opgaafrolle aangeteken. Hiervolgens plaas ek Margaretha Johanna wat met Johannes Jacobus Spies getroud is as b8, net na Jan Hendrik wat gedoop is op 18 Okt 1767. Op SAF is Margaretha Johanna b9 (bladsy 12108 van 14544 op SAF), maar ook b12 (bladsy 12109). Kan iemand dalk ander riglyne gee? Groete Elmien Elmien Wood Bellville <mailto:[email protected]> [email protected]