Note: The Rootsweb Mailing Lists will be shut down on April 6, 2023. (More info)
RootsWeb.com Mailing Lists
Total: 1/1
    1. [BP] TANAP en die prys van ’n skaap
    2. Elmien Wood
    3. Beste Lyslede Noudat TANAP nie meer aanlyn is nie, moet almal die CD van Helena Liebenberg bestel en gebruik, mens kan nie daarsonder klaar kom nie. Dit neem nie te lank om aan die nuwe formaat gewoond te raak nie. TANAP is weer aanlyn! In elk geval in my soeke na “Spies” kom ek op “gespies” af. Dit is nie ʼn gespuis nie, maar die meervoud van gespe. Dit bring my by ʼn lys van benodigdhede vir ʼn baba; wat alles tesame Riksdaalders 50 dit beteken ƒ150 kos. Volgens een lesing by die Genealogiese Genootskap bereken mens lewenskoste volgens die prys van ʼn skaap. Een skaap het een gulde gekos. Dus met ƒ150 kon mens vir jou 150 skape of babaklere koop. Dit klink bietjie duur, maar nou wel. Tot mens kyk hoeveel ʼn skaap kos! ʼn Slagskaap kos deesdae R1,500! R225 000 vir babaklere! Dit beteken seker dat daar ʼn geweldige inflasie was van die einde van die kompanjie tot 1823 was en dat ʼn skaap wat in die VOC tydperk een gulde gekos het teen 1823 baie, baie meer gekos het. Kan iemand onthou wie die spreker is wat die lewenskoste teen die prys van ʼn skaap gemeet het? Groete Elmien Reference no.: MOOC8/37.50 Testator(s): Anna Elizabeth Kotzee Jacobus Daniel van der Spuy 24 February 1823 http://databases.tanap.net/mooc/ Elmien Wood Bellville <mailto:[email protected]> [email protected]

    05/14/2017 12:18:48