Note: The Rootsweb Mailing Lists will be shut down on April 6, 2023. (More info)
RootsWeb.com Mailing Lists
Total: 2/2
    1. [BP] KINDERS EN GENEALOGIE: HUGO (STERF SAAM MET PIET RETIEF) EN SIENER VAN RENSBURG
    2. Daniel Jacobs
    3. Beste Vriende Die inleiding tot die boodskap vorm deel van vorige boodskappe. Net die genealogiese inligting verskil. Ek moet Saterdag met ongeveer 50 hoërskoolleerlinge gesels oor twee onderwerpe uit die Afrikaner se geskiedenis. Ek wil kyk of ek nie van die voorouers van 'n paar van hulle kan koppel aan belangrike momente in die Afrikaner se geskiedenis nie. Bv. die ABO, Groot Trek, Trekboerbeweging van die 1700's, die opstand teen Willem Adriaan van der Stel en koms van die Franse Hugenote. Vir die interessantheid (nie om julle van enigiets te probeer oortuig nie! Ons is die bekeerdes) gee ek hierna inligting oor die gebruik van genealogie om geskiedenis vir kinders lewendig te maak en ook hoe kennis oor 'n kind se voorouers kan help met "higher self-esteem, better family functioning, greater family cohesiveness, lower levels of anxiety, and lower incidence of behavior problems" Hiermee 'n eerste klompie voorouers wie se lyne ek na die stamvaders soek. As julle dalk met van dit kan help sal ek dankbaar wees. Ek sal vir die kinders die name en kontakbesonderhede deurgee van lede wat gehelp het. Sou julle dit goedkeur. Dit kan uiteraard 'n geleentheid wees om ook van die ouers nuwe inligting te ontvang. 1. Jacobus Hendrik Hough HUGO * 12.2.1903 + 1968 X Sara Johanna FOURIE. Hy was 'n nasaat van Jacobus Johannes Petrus Paulus HUGO * 16.12.1806 X PRETORIUS. Hy is saam met Piet Retief vermoor. Ek sal baie graag die geslagte tussen die twee individue wil bekom. Sien ook https://www.geni.com/people/Jacobus-Hugo-b3c1d2e1e1/6000000001482808174 2. Nicolaas Pieter Johannes Janse van Rensburg 03/08/1864 - 11/03/1926. Dit is Siener van Rensburg. As daar iewers 'n lys van sy nasate is, sal ek dit ook graag wil ontvang. Baie dankie Vriendelike groete Daniel Jacobs Webtuiste: www.gendata.co.za Vir gratis Genealogiese Handleiding gaan na http://bit.ly/genhandleiding Op my webtusite by www.gendata gee ek die volgende inligting: *Waarom doen ons Genealogiese Navorsing?* *Die aspek van Genealogiese Navorsing (of die opstel van 'n stamboom soos wat dit in die volksmond bekend is) wat my die meeste interesseer is die instrument wat dit bied om geskiedenis vir veral kinders en jongmense lewendig te maak. Nie dat ons almal ewe veel in Geskiedenis hoef belang te stel nie, maar ek glo dat voordat 'n mens jouself as beskaaf kan beskou jy darem 'n minimum belangstelling in geskiedenis moet hê!!* *'n Dame met die van Wepener het jare gelede vir my vertel dat haar laerskooldogter geen belangstelling in geskiedenis gehad het nie. Op 'n dag vertel sy vir haar Pa dat sy van die bekende Louw Wepener (wat in 'n geveg met Basoeto's gesneuwel het) in die skool geleer het. Haar Pa vertel toe aan haar dat Louw Wepener een van haar voorsate was. Sedert daardie dag het sy nie net in haar voorsate se geskiedenis belanggestel nie, maar het sy ook 'n belangstelling ontwikkel in Geskiedenis as vak.* *Ek het per geleentheid vir 'n groep kinders wat lede was van die Voortrekker Jeugbeweging gevra wat hulle belangstelling in Geskiedenis is as hulle dit op 'n skaal van van 0 – 10 sou moes plaas. Een van die seuns het gesê dat sy belangstelling op twee lê. Ek het toe vir hulle gevra hoe groot hulle belangstelling sou wees as ek aan hulle sou kon bewys dat van hulle voorouers aan die Groot Trek deelgeneem het. Hy het toe gesê dat sy belangstelling dan na vier uit tien sou opskuif.* *Ek vertel toe aan hulle dat hulle vriend, my jongste seun, die volgende verbintenisse deur sy voorouers met die Groot Trek het:* *My voorname, Daniel Malan, het sy oorsprong by Daniel Johannes Malan wat in ca 1775 gebore is en 'n neef van Piet Retief was; nog 'n neef van dieselfde Daniel Johannes Malan is saam met Retief vermoor en nog twee neefs het by Italeni gesneuwel. Dan was Pieter Daniel Jacobs, Voortrekkerleier uit Beaufort-Wes, 'n kleinneef van my voorouer Willem Daniel Jacobs (geb. ca 1804). Pieter Daniel Jacobs was een van die Kommandante wat onder Andries Pretorius aan die Slag van Bloedrivier deelgeneem het. Ons stam verder direk af van Michiel Adriaan Oberholster (skoonpa van Willem Daniel Jacobs) wat na die moord op Retief saam met nog 12 ander mans deur die Engelse Natal-toe gestuur is. MA Oberholster was die leier van 'n klomp trekboere wat hulle al voor die Groot Trek in die Suid-Vrystaat bevind het.* *Na ‘n uur se gesels oor hierdie stories en ek ook vir hulle breedweg vertel het hoe om genealogiese navorsing te doen, het dieselfde seun gesê dat sy belangstelling nou op ses uit tien staan. Met behulp van die Genealogie kan ‘n mens dus bewys dat Geskiedenis nie dood is nie - ons voorouers en hulle broers, ooms, neefs en niggies het deelgeneem aan belangrike en minder belangrike historiese gebeure of geleef in die tyd toe dit plaasgevind het.* By http://www.ncbi.nlm.nih.gov/pubmed/22122420 is die resultaat van navorsing wat gedoen is oor die positiewe invloed wat die kennis van hulle familie se geskiedenis op kinders het. Die opsoming lees as volg: “Based on an instance of ‘clinical lore’ we assess the efficacy of children's and adolescents' knowledge of family history as an index of psychological well-being and potential for positive change in clinical and educational settings. We report that knowledge of family history is significantly correlated with internal locus of control, higher self-esteem, better family functioning, greater family cohesiveness, lower levels of anxiety, and lower incidence of behavior problems. We suggest that through the use of a brief measure of family knowledge, practicing clinicians can rapidly generate a data-based correlate of children's well-being and likelihood of overcoming psychological and educational challenges.”

    05/18/2017 12:59:12
    1. Re: [BP] KINDERS EN GENEALOGIE: HUGO (STERF SAAM MET PIET RETIEF) EN SIENER VAN RENSBURG
    2. Johann Ahlers
    3. Goeiemore Daniel, Volgens my inligting (wat ek met SAF van GISA, asook Geni kontroleer het) is JJH Hugo nie 'n afstammeling van JJPP Hugo nie: JJH Hugo lê in die b3c4-tak en JJPP Hugo in die b3c1-tak. Ek het inligting daaroor direk aan jou gestuur. Ek stuur ook binnekort iets oor Siener van Rensburg aan. Vriendelike groete, Johann Ahlers 2017-05-18 18:59 GMT+02:00 Daniel Jacobs via BUITENPOSTEN < [email protected]>: > Beste Vriende > > 1. Jacobus Hendrik Hough HUGO * 12.2.1903 + 1968 X Sara Johanna FOURIE. Hy > was 'n nasaat van Jacobus Johannes Petrus Paulus HUGO * 16.12.1806 X > PRETORIUS. Hy is saam met Piet Retief vermoor. Ek sal baie graag die > geslagte tussen die twee individue wil bekom. Sien ook > https://www.geni.com/people/Jacobus-Hugo-b3c1d2e1e1/6000000001482808174 > > 2. Nicolaas Pieter Johannes Janse van Rensburg 03/08/1864 - 11/03/1926. > Dit is Siener van Rensburg. As daar iewers 'n lys van sy nasate is, sal ek > dit ook graag wil ontvang. > >

    05/19/2017 05:37:39