Note: The Rootsweb Mailing Lists will be shut down on April 6, 2023. (More info)
RootsWeb.com Mailing Lists
Total: 1/1
    1. [BP] Siener van Rensburg se vrou
    2. Hetta Scholtz
    3. “60 Anna Sophia Kruger was elf jaar oud toe haar vader, ná die Koranna-rooftogte – vanaf Rietvlei, waar Hansie Coetzee later gewoon het – met vyftien bywoners, ten einde weerbaar te wees teen inboorlinge se aanvalle, na die plaas Klipfontein verhuis het. Die Siener se vrou Anna het dus op Klipfontein grootgeword, en die Siener op Rietkuil. 61 Niklaas en sy vrou Anna het mekaar van kindsbeen af geken omdat hulle saam grootgeword het. Anna se broer Cornelis Francois Kruger, wat tydens die Tweede Vryheidsoorlog veldkornet was, is met die Siener se suster Anna Janse van Rensburg getroud.” Aanhaling uit: http://www.tandfonline.com/doi/abs/10.1080/17532523.2012.739781?journalCode=rahr20 Seker mosterd na die maal Hier is meer inligting oor Siener van Rensburg se vrou. Dink iemand het dit gesoek. Ek het ‘n pdf wat ‘n “preview” van die boek wat deur A W G Raath is.Kan dit vir iemand aanstuur. Lyk na die eerste hoofstuk van die boek. Mooi bly, Hetta Scholtz, Rooihuiskraal

    05/29/2017 05:19:29