Beste Lyslede Baie dankie vir al die terugvoer wat ek ontvang het aangaande die Van Heerden CD. Ek was impulsief! As ek mooi oor die saak gedink het sou ek besef het dat daar kopiereg op die CD is. Ek kan nie verstaan dat dit nie by my opgekom het nie. Mens moet besef dat elke publikasie, geskryf, gedruk, elektronies of andersins, die produk is van harde werk en “die arbeider is sy loon (en erkenning) waardig”. Ons kan alleen verwag dat mense hard sal werk as hulle werk gerespekteer word. Ek is verskriklik jammer dat ek dit nie in gedagte gehou het nie. Ek sal probeer om my vriende in te skakel by die gepubliseerde Van Heerden- geslagregisters en ʼn verkorte uittreksel saamstel met verwysings na die CD, na SAF en na enige ander publikasie waarmee ek dit kan aanvul. (Hopelik iets van familySearch ook!) Groete Elmien Elmien Wood Bellville <mailto:[email protected]> [email protected]