Beste Lyslede Die kind wat Johann Herbst van Bremen by Cecilia van Angola gehad het, was nie Johannes nie, maar Angenietie. Ek wil graag weet of ek maar die veranderinge in my aantekeninge kan aanbring en of iemand 'n ander verklaring het. Die fout begin by Hoge en word net so oorgedra na SAG 3: 328. Ek het nie gekyk of dit net so in SAF is nie. Volgens Corney Keller se transkripsies vir 1685: Eodem dito (19 Aug) Angenietie Cicilia van Angola, de vader Jan Herfst Margarita van de Caep Den 2 September Joannes Caspar Willerts en Arriaentie Sterrevelt Joannes Smith en Catrina Brons Hiervolgens is Angenietie is op 19 Aug 1685 gedoop. Johannes is op 2 Sep 1685 gedoop, maar sy ouers is Caspar Willerts en Arriaentie Sterrevelt. Hy is as Jan aangeteken in SAG 16: 353, maar sonder doopdatum. Groete Elmien Elmien Wood Bellville <mailto:[email protected]> [email protected]