Beste Vriende Susanna Maria (Sannie) Greeff was ‘n dogter van Hendrik Adriaan Greeff, stigter van Lichtenburg en skoonpa van Generaal de la Rey. Sy is gebore 4 Julie 1872, oorlede 6 Oktober 1956 en is getroud te Lichtenburg ca 1890 met Christiaan Dirk de Vos. Christiaan Dirk de VOS is gebore op 5 Nov 1867 te Montagu en op 23 Okt 1942 oorlede te Lichtenburg. Beide van hulle is begrawe te Manana, Lichtenburg. Ek sal graag met van die nasate van die egpaar in verbinding wil tree m.b.t. navorsing wat ek doen oor Hendrik Adriaan Greeff en Generaal De la Rey. Baie dankie Vriendelike Groete Daniel Jacobs Webtuiste: www.gendata.co.za Vir gratis Genealogiese Handleiding gaan na http://bit.ly/genhandleiding Siebrits/du Toit/Meyer/Zeeman/De Villiers (Franschhoek/Paarl) Jacobs/Oberholster/Smith (Graaff-Reinet/Fauresmith) Le Roux/Van der Merwe (Villiersdorp) Louw/Brink (Kaapstad/Wellington) De Vos (De Doorns/Wellington) Malan (Wellington/Zeerust) Ungerer (Swellendam) Smith (Wellington)