Beste Vriende Margaretha Jacoba (Alie) Badenhorst – 1867-1908 - (gebore De Wet) was die skrywer van die dagboek wat in 1939 gepubliseer is as *Tant Alie van Transvaal. Die Dagboek van Alie Badenhorst.* Die vertaling uit Nederlands is deur MER gedoen. 'n Suster van Alie Badenhorst was getroud met Jan Greeff, 'n broer van Nonnie de la Rey. Emily Hobhouse het die dagboek in Engels vertaal omdat sy die karakter van die Boer vrouens wou bekendstel, maar veral om die lyding van burgerlikes in oorloë te beklemtoon “and to serve as indictment against all wars.” (Bron: D.J. Potgieter (Editor-in- chief): Standard Encyclopaedia of Southern Africa, Vol. 2, Nasou, 1970) MER se Afrikaanse vertaling uit die oorspronklike Nederlands het in 1939 verskyn. Sy het die boek beskryf as “in werklikheid ‘n kragtige pleidooi vir wêreldvrede.” (Bron: SA Biografiese Woordeboek) Dit is ‘n aangrypende verhaal. Alie was duidelik ‘n baie intelligente vrou, maar ook emosioneel fyn besnaard en alles dui daarop dat haar dood op ouderdom veertig aan ‘n hartaanval hoogswaarskynlik ‘n gevolg was van veral die trauma wat sy gedurende Oorlog beleef het. Alie Badenhorst het die laaste deel van die ABO in 'n huis in Klerksdorp deurgebring, omdat haar gesondheid te swak was om in die konsentrasiekamp te kon bly. Sy is in Februarie 1902 toegelaat om 'n ou Brits-dame te vergesel na die Boere linies en het toe ook 'n besoek gebring aan Generaal de la Rey aan wie sy genoem het: 'Ons majoor is 'n baie goeie man.' Dit dan waarskynlik waarom sy toegelaat is om in 'n huis te bly. Ek sal graag foto's wil bekom van Klerksdorp ( die dorp en konsentrasiekamp) ten tyde van die ABO. Ook van die dorpie Hartebeesfontein daar naby. Sy en die Brits-dame is na Hartebeesfontein waarheen laasgenoemde gegaan het om haar gewonde kleinseun te probeer oortuig om haar na Klerksdorp te vergesel. Tant Alie se man Frikkie Badenhorst het op Mahemsvlei naby Klerksdorp geboer. Hy is saam met Genl. Piet Cronje gevang en die grootste deel van die Oorlog in Simonstad aangehou. Daar is baie aanhalings in die dagboek oor briewe wat hy gedurende die Oorlog aan haar geskryf het. Vriendelike groete Daniel Jacobs Webtuiste: www.gendata.co.za Linkedin: linkedin.com/in/danielmalanjacobs Sel: 0798727699 Vir gratis Genealogiese Handleiding gaan na http://bit.ly/genhandleiding Siebrits/du Toit/Meyer/Zeeman/De Villiers (Franschhoek/Paarl) Jacobs/Oberholster/Smith (Graaff-Reinet/Fauresmith) Le Roux/Van der Merwe (Villiersdorp) Louw/Brink (Kaapstad/Wellington) De Vos (De Doorns/Wellington) Malan (Wellington/Zeerust) Ungerer (Swellendam) Smith (Wellington)