Note: The Rootsweb Mailing Lists will be shut down on April 6, 2023. (More info)
RootsWeb.com Mailing Lists
Total: 1/1
    1. [BP] ABO DAGBOEK HENDRINA M SCHEFFER X VAN ECK
    2. Daniel Jacobs
    3. Beste Vriende 'n Agterkleinkind van Hendrina Margaretha Scheffer * 9.11.1884 X 22.5.1905 Gideon Jacobus Lourens van Eck * 25.7.1881 het vir my 'n afskrif van 'n dagboek gegee wat sy vanaf 12 Mei 1901 -2 Augustus 1902 gehou het. Sy en van haar familie is vanaf die plaas Kafferskraal in die Ventersdorp-distrik weggevoer na die Merebank Konsentrasiekamp. As daar van julle is wat belangstel om na die dagboek te kyk kontak asseblief vir my. Die persoon sal o.a. die dagboek ten minste as 'n e-boek wyer beskikbaar wil stel sou die inhoud dit regverdig. Ek het nog nie tyd gehad om dit te bestudeer om 'n opinie te kan gee oor die waarde daarvan nie. Groete Daniel Jacobs Webtuiste: www.gendata.co.za Linkedin: linkedin.com/in/danielmalanjacobs Sel: 0798727699 Vir gratis Genealogiese Handleiding gaan na http://bit.ly/genhandleiding Siebrits/du Toit/Meyer/Zeeman/De Villiers (Franschhoek/Paarl) Jacobs/Oberholster/Smith (Graaff-Reinet/Fauresmith) Le Roux/Van der Merwe (Villiersdorp) Louw/Brink (Kaapstad/Wellington) De Vos (De Doorns/Wellington) Malan (Wellington/Zeerust) Ungerer (Swellendam) Smith (Wellington)

    03/29/2017 02:18:06