Note: The Rootsweb Mailing Lists will be shut down on April 6, 2023. (More info)
RootsWeb.com Mailing Lists
Total: 1/1
    1. [BP] FW: Hendrik Diederik Spies
    2. Elmien Wood
    3. Hallo Lyslede My vraag was oor die doop van Willem Abraham Spies gedoop 9 Jun 1986. Die antwoorde het nie na die poslyste deurgekom nie, want dit het aanhangsels aan gehad. Baie dankie aan Annelie Els en Marietta van Zyl wat gehelp het om die probleem op te los. Op hierdie stadium beskou ek die inligting van SAG 12:38 as foutief. Nugter weet waar dit vandaan kom. Die korrekte inligting is dat Willem Abraham die seun was van Adriaan Ventura en Johanna Paulina Jansen (sien Heese Groep sonder grense bladsy 154). Iemand het waarskynlik iets verkeerd afgeskryf, maar hoe mens van Ventura na Spies kom weet ek nie. Die doop was nie Junie nie, maar Januarie. Op die bladsy lyk dit soos Junie, maar as mens rondblaai sien jy dat Februarie na hierdie inskrywings kom – dus defnitief Januarie. Willem Abraham Ventura Baptism 29 Jan 1786 Cape Town, Cape of Good Hope, South Africa https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:S3HT-DRH9-1ZP?i=94 <https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:S3HT-DRH9-1ZP?i=94&cc=1478678> &cc=1478678 Willem Abraham Ventura is onder “christelike kinderen” gedoop. O aarde ek wou nou wys waar die dope van die “onchristelike kinderen” is, maar kan dit nie kry nie. Some features on FamilySearch will be unavailable during a maintenance upgrade starting Monday, March 27th at 12:00 AM MDT (6:00 AM UTC) and lasting about 2 hours. Thank you for your patience as we make these changes. In elk geval dit is onder Kaapse dope op FamilySearch en in daardie groep waar die dope oor baie jare strek, baie meer jare as van 1780 tot 1786. Dit was nogal vir my belangrik om te weet in watter register die slawekinders gedoop is, maar dit is net slawekinders wie se ouers nie aan die Christelike kerk behoort het nie. Hendrik Diderik Spies is op Stellenbosch gedoop 19 Jan 1766. Ek het ʼn idee hy is jonk oorlede; daar is niks anders oor hom bekend nie. My opregte dank aan Annelie en Marietta, ek voel ek verdien dit nie. Ek probeer maar die dinge wat ek in my soeke vind met almal deel. Groete Elmien From: Elmien Wood [mailto:[email protected]] Sent: 26 March 2017 05:17 PM To: [email protected]; Buitenposten ([email protected]) <[email protected]> Subject: Hendrik Diederik Spies Beste Lyslede Kan iemand vir my help om die doop te kry van Willem Abraham Spies? Ek kry dit nie op familySearch nie en ek weet ook nie waar hy gedoop is nie. Groete Elmien b3 Hendrik Diderik (of Hendrik Diederik) SPIES ≈ Stellenbosch? 19 Jan 1766 x Catharina Frederika van die Kaap c1 Willem Abraham Spies, ≈ 29 Jun 1786 Elmien Wood Bellville <mailto:[email protected]> [email protected]

    03/27/2017 02:59:37