RootsWeb.com Mailing Lists
Total: 1/1
    1. [BP]FW: Dankie vir die geluk
    2. Elmien Wood
    3. Ek het geweet ek het mense uitgelaat! Gerda wys my daarop dat Ron Smit in beheer is van die webwerf http://www.e-family.co.za/ en dat Delia Robertson se First Fifty Years op Ron se webblad geplaas is. Die ander ding waarvan ek vaagweg bewus was, is dat NAAIRS deur die harde werk van genealoë ontstaan het. Gerda, skryf dit asseblief neer sodat almal daarvan weet, ook van jou eie bydrae. Mens is geneig om die regtige groot projekte uit die oog te verloor. Die eerste een was natuurlik NAAIRS en die ander reuse projek was die transkripsie van die VOC dokumente in die Kaapse Argiefbewaarplek. In daardie geval is Helena Liebenberg natuurlik die reus. Dan moet ek nog ook die redakteurs van genealogiese tydskrifte met wie ek saamgewerk het noem. Daar was Sasa Malan wat vir jare uitstekende werk gedoen het as redakteur van Capensis en Johan Pottas wat Maiores op die been gebring het. Dan is daar ook nog iemand soos Susan Schutte wat ʼn hele versameling begrafnisbriewe opgebou het. Ek het Richard Ball genoem, maar nie vertel van sy webwerf The Ball family of Hastings <http://www.ballfamilyrecords.co.uk/> www.ballfamilyrecords.co.uk/ nie. Dan is daar ook nog Le Roux, Niemandt en Mariana Olivier met Bewaarders van ons Erfenis en Ockert Malan en Lorna Newcomb met Palmkronieke. Ander belangrike skrywers is Dan Sleigh en Pieter Coertzen, maar hulle was nie aktief betrokke by die genealogiese gemeenskap nie, daarom het ek hulle nie aanvanklik genoem nie. ʼn Ander reus is JA Heese wat met sy Die herkoms van die Afrikaner Colenbrander se werk hersien het en wat in Slagtersnek en sy Mense die eerste keer waarvan ek bewus is, die genealogie van rolspelers in die geskiedenis van gebeurtenisse ingewerk het en wie se navorsing die grondslag gevorm het van Suid-Afrikaanse Geslagsregisters. Daar is ook Taffy en David Shearing en hulle werk oor die Kaapse rebelle en Linda Zöllner met die Berlynse sendelinge. Dan het ek nog niks van Margaret Cairns gesê nie of van webmeesters nie. Al wat ek kan sê is dat ons deel is van ʼn fenominale genealogie-gemeenskap is en dat genealogie op die drumpel is om ʼn baie groot invloed uit te uitoefen op die verstaan van ons wêrled. Vir die wat gevra het waar hulle ʼn kopie in die hande kan kry: Die proefskrif sal op die universiteit se webblad gepuliseer word. Die probleem met studie as mens nie tussen ander studente is nie, is dat mens nie by iemand anders kan kers opsteek nie. Vir diegene wat gevra het of hulle ʼn kopie vir die onderskeie biblioteke kan kry as ek kopieë het, sal ek dit aanstuur. Ek sal moet gaan uitvind of mens ʼn aantal kopieë kan laat druk. Laat ek maar nou op ʼn ry dankie sê. Ek probeer dit op ʼn ligte trant doen deur wanneer iemand sê “How do you do?” dan sê ek “How do you do?” terug en as iemand sê “Jy is gegroet” dan sê ek “Jy is gegroet” terug: Baie dankie Eddie. Dankie, dankie. Baie dankie Nicky. Uniek wel, prestasie miskien, dalk malligheid. Baie dankie Daniel. As jy die proefskrif lees kry jy reg wat baie nie regkry nie; wie het al ooit in sy lewe Dan Sleigh se Buitenposte deurgelees? Mense slaan maar dele na. Baie dankie Ria. Dit is vir my ook wonderlik, veral dat ek die spertyd gehaal het! Baie dankie Rita. Vreeslik baie dankie. Baie dankie Dora. Ek dink ook dit is pragtig. Ek dink ek het die bladuitleg bietjie mooier gemaak as gewoonlik en nog niemand het iets daarvan gesê nie! Baie dankie Andries. Vele dank!!!!! Baie dankie Charlie. Hopelik baat genealogie en genealoë. Baie dankie Gerda. Dit is die een ding wat niemand kan betwis nie; harde werk. Baie dankie Naas. Dankie. Baie dankie Faan. Dit is waar, twee dinge, bereid om ure te sit en ʼn passie vir jou onderwerp. Baie dankie Annelie. BAIE DANKIE. Baie dankie Elmarie. Noordwestak se genealogiese biblioteek in die Potchefstroomse Museum is aangeteken. Baie dankie Marietjie. Baie dankie!! Baie dankie Sarel. Weereens ja, harde werk. Baie dankie Johan Melkbosstrand. Dit is gedaan! Baie dankie Dirk. Was jy by die gradeplegtigheid, of lees jy maar elke keer die program om te kyk wie graad kry? Ek dink ek het jou vraag oor Salt Lake City beantwoord. Toe ek begin het met genealogie, voor ek nog ingeskryf het, was daar nie iets soos familySearch nie. Baie dankie Christo. Dit is my grootste wens, dat ek ’n bydrae kon lewer om genealogie “as basis vir wetenskaplike historiese navorsing en die nuwe insigte wat dit lewer” te help vestig. Baie dankie Andrew. Jy het binne-inligting gehad – kontak met Matilda Burden! Toe ek nog bang was ek stuikel oor die laaste hekkie, toe vra jy vir my of ek al ingehandig het! Baie dankie Alida. Is alle doktorsgrade nie maar stokperdjies nie? Baie dankie Nikki. Wow! Baie dankie Jaleen. En ek is trots op my lysvriende. Baie dankie Rentia. Noordtransvaaltak is aangeteken. Baie dankie Edna. Weereens dankie. Baie dankie Fina. Baie, BAIE dankie! Baie dankie Heinrich. Jy is reg, dit is werke deur die jare. Baie dankie René. Hartlik dankie. Baie dankie Gerda. Ons wil ook graag meer weet van jou eie bydrae. Ek sal ʼn regstelling maak oor Ron Smit. Elmien Wood Bellville woodem@mweb.co.za <mailto:woodem@mweb.co.za> <http://www.avg.com/email-signature?utm_medium=email&utm_source=link&utm_campaign=sig-email&utm_content=emailclient> Virus-free. <http://www.avg.com/email-signature?utm_medium=email&utm_source=link&utm_campaign=sig-email&utm_content=emailclient> www.avg.com

    05/05/2019 09:35:07