Beste Vriende Emily Hobhouse het in 1903 'n ses maande reis deur die Transvaal en Vrystaat onderneem om haar te vergewis van die naoorlogse toestande. Die eerste been van haar reis was vanaf Bloemfontein. Sy vertrek op 12 Junie 1903 saam met 'n Mnr. Enslin. Volgens Emily was die man 'n krygsgevangene op Ceylon. Volgens Rykie van Reenen (in die boek *Emily Hobhouse Boer War Letters*) was die persoon moontlik Zacharias Enslin van Heilbron. Sy noem egter dat Zacharias Enslin 'n krygsgevange op Bermuda was. Daar is geen verdere morivering waarom sy dink dat dit die man was nie. By https://www.geni.com/people/Zacharias-Enslin/6000000021123430021 is inligting oor 'n Zacharias Enslin (1868-1957) van Damplaas, Heilbron wat moontlik hierdie man kan wees. Is daar dalk 'n kenner van die Enslin familie wat asseblief lig hierop kan lewer? By http://www.wmbr.org.za/view.asp?pg=research&pgsub=databases&pgsub1=2&head1=Prisoners%20of%20War&strGlobalTerms=enslin&opt=ditem&rdID=11574 en http://www.wmbr.org.za/view.asp?pg=research&pgsub=databases&pgsub1=2&head1=Prisoners%20of%20War&strGlobalTerms=enslin&opt=ditem&rdID=6466 is wel inligting oor twee Vrystaatse Enslins wat krygsgevangenes op Ceylon was. Baie dankie Vriendelike groete Daniel Vir gratis Familienavorsing Handleiding gaan na bit.ly/genhandleiding