RootsWeb.com Mailing Lists
Total: 1/1
    1. [BP]CW du Plooy se SWIEGELAAR & VISSER skoonseuns
    2. Simon du Plooy
    3. Goeiedag uit Potch, In 2009 word te Primrose begrawe Cornelius Hendrik DU PLOOY (*01.04.1946 + 17.03.2009 ) X Elizabeth Catharina De LANGE. Volgens die begrafnisbrief het hulle 3 kinders gehad, 'n seun Anton en 2 dogters wie se name word nie nie vermeld word nie. Maar twee skoonseuns word wel genoem, Robert SWIEGELAAR en Frans VISSER. Die egpaar was volgens die 1984 kieserslys voorheen woonagtig te Summerstrand, Port Elizabeth. In die '84 Kieslys verskyn ook die naam van Robert Carl SWIEGELAAR *26.02.1966, woonagtig te Summerstrand, PE. - moontlik die een skoonseun. Indien 'n lyslid enige inligting oor veral die SWIEGELAAR en VISSER skoonseuns het sal dit meer as welkom wees, doel is om die twee dogters te identifiseer. Groetnis, Simon

    04/27/2019 07:10:32