Beste Vriende Ek en my jongste seun Stefan het van 9-11 Maart 'n besoek gebring aan die Calais-omgewing waar ons stamvader Pierre Jacob gewoon het voor sy koms as Hugenoot na Suid-Afrika. By https://www.amazon.com/clouddrive/share/ZMabyQbX5vocTy7sWk98HGhTRBzGsaZJ3UpP4MQorzD is 'n aantal dokumente m.b.t. sy Europese verlede. Die eerste dokument bevat 'n aantal e-posse aan Jan Jacobs wat in 2016 Pierre en Suzanne de Vos se huweliksertifikaat m.b.v. 'n Franse navorser opgespooor het. Hulle is in 1667 in Guines getroud en was ook lede van die gemeente. In die e-posse vertel ek vir hom meer van ons besoek. Een van die hoogtepunte in my lewe. Hiermee 'n uittreksel uit een van die e-posse: "Ek het op inligting afgekom op ‘n Amerikaner se webtuiste by http://www.tevelein.net/Pages/FamilyRecGuines.htm mbt die ligging van die Guines Hugenote gemeente se kerk, pastorie en begraafplaas. Soos wat jy op die webtuiste kan sien is die foto’s wat op die drie plekke geneem is, maar van swak kwaliteit. Ek kon egter self die plek opspoor waar die pastorie was, die plek waar die kerk was met die hulp van ‘n jong Fransman en die hoogswaarskynlike ligging (daarvan is ek 95% + seker) van die begraafplaas met die hulp van inligting wat ek in ‘n akademiese artikel oor ‘n aspek van Guines se geskiedenis opgespoor het. Die ligging is in ca 1870 gegee deur ‘n dokter van Guines in uitgebreide notas wat hy oor die geskiedenis van die dorp opgestel het." Daar is ook foto's oor o.a. 'n besoek aan Vielle Eglise waar die egpaar se drie oorlewende kinders gebore is. Hulle het 8 kinders gehad. Ek is 'n 9de generasie afstammeling van Pierre Jacobs. Interessant dat o.a. Coenrad de Buys en generaal De la Rey ook van hom afstam. Een van Pierre Jacobs se dogters was met 'n seun van die De Buys-stamvader (ook 'n Hugenoot uit daardie omgewing) getroud en generaal De la Rey stam uit laasgenoemde verbintenis. Die Calais-omgewing het ook 'n baie ryk geskiedenis. So bv. het die gebied van die 1300's tot 1558 aan Engeland behoort het. Dit is ook 'n oorgangsone tussen Frankryk en Belgie met 'n sterk Vlaamse teenwoordigheid en ook politieke invloed oor die eeue. Wat o.a. ook interessant is, is die drooglegging wat oor die eeue in daardie gebied plaasgevind het. 'n Bree kusstrook was baie moerassig en is d.m.v. sugslote ens drooggele. Volgens Jan Jacobs was die gebied op 'n stadium die broodmandjie van Europa. Ons het ook Dunkirk wat 50 km van Guines gelee is, besoek. Vriendelike groete Daniel Vir gratis Familienavorsing Handleiding gaan na bit.ly/genhandleiding
Dankie, dit was nou baie interessant. On 20/03/2019 10:53 PM, Daniel Jacobs wrote: > Beste Vriende > > Ek en my jongste seun Stefan het van 9-11 Maart 'n besoek gebring aan die > Calais-omgewing waar ons stamvader Pierre Jacob gewoon het voor sy koms as > Hugenoot na Suid-Afrika. > > By > https://www.amazon.com/clouddrive/share/ZMabyQbX5vocTy7sWk98HGhTRBzGsaZJ3UpP4MQorzD > is 'n aantal dokumente m.b.t. sy Europese verlede. > > Die eerste dokument bevat 'n aantal e-posse aan Jan Jacobs wat in 2016 > Pierre en Suzanne de Vos se huweliksertifikaat m.b.v. 'n Franse navorser > opgespooor het. Hulle is in 1667 in Guines getroud en was ook lede van die > gemeente. In die e-posse vertel ek vir hom meer van ons besoek. Een van die > hoogtepunte in my lewe. > > Hiermee 'n uittreksel uit een van die e-posse: > > "Ek het op inligting afgekom op ‘n Amerikaner se webtuiste by > http://www.tevelein.net/Pages/FamilyRecGuines.htm mbt die ligging van die > Guines Hugenote gemeente se kerk, pastorie en begraafplaas. > > > > Soos wat jy op die webtuiste kan sien is die foto’s wat op die drie plekke > geneem is, maar van swak kwaliteit. > > > > Ek kon egter self die plek opspoor waar die pastorie was, die plek waar die > kerk was met die hulp van ‘n jong Fransman en die hoogswaarskynlike ligging > (daarvan is ek 95% + seker) van die begraafplaas met die hulp van inligting > wat ek in ‘n akademiese artikel oor ‘n aspek van Guines se geskiedenis > opgespoor het. Die ligging is in ca 1870 gegee deur ‘n dokter van Guines in > uitgebreide notas wat hy oor die geskiedenis van die dorp opgestel het." > > Daar is ook foto's oor o.a. 'n besoek aan Vielle Eglise waar die egpaar se > drie oorlewende kinders gebore is. Hulle het 8 kinders gehad. > > Ek is 'n 9de generasie afstammeling van Pierre Jacobs. Interessant dat o.a. > Coenrad de Buys en generaal De la Rey ook van hom afstam. Een van Pierre > Jacobs se dogters was met 'n seun van die De Buys-stamvader (ook 'n > Hugenoot uit daardie omgewing) getroud en generaal De la Rey stam uit > laasgenoemde verbintenis. > > Die Calais-omgewing het ook 'n baie ryk geskiedenis. So bv. het die gebied > van die 1300's tot 1558 aan Engeland behoort het. Dit is ook 'n oorgangsone > tussen Frankryk en Belgie met 'n sterk Vlaamse teenwoordigheid en ook > politieke invloed oor die eeue. > > Wat o.a. ook interessant is, is die drooglegging wat oor die eeue in > daardie gebied plaasgevind het. 'n Bree kusstrook was baie moerassig en is > d.m.v. sugslote ens drooggele. Volgens Jan Jacobs was die gebied op 'n > stadium die broodmandjie van Europa. > > Ons het ook Dunkirk wat 50 km van Guines gelee is, besoek. > > Vriendelike groete > > Daniel > > Vir gratis Familienavorsing Handleiding gaan na bit.ly/genhandleiding > > _______________________________________________ > > _______________________________________________ > Email preferences: http://bit.ly/rootswebpref > Unsubscribe https://lists.rootsweb.com/postorius/lists/buitenposten@rootsweb.com > Privacy Statement: https://ancstry.me/2JWBOdY Terms and Conditions: https://ancstry.me/2HDBym9 > Rootsweb Blog: http://rootsweb.blog > RootsWeb is funded and supported by Ancestry.com and our loyal RootsWeb community