Note: The Rootsweb Mailing Lists will be shut down on April 6, 2023. (More info)
RootsWeb.com Mailing Lists
Total: 1/1
    1. [BP] Verwysings in skeepsoldyboeke
    2. Elmien Wood
    3. Hallo Lyslede en veral diegene wat belang stel in skeepsoldyboeke soos Corney Keller en Anrie Hoogendoorn, Ek weet nie of ons nooit uitsluitsel gekry het oor die verwysing na sekere "folios" op 'n werknemer se skeepsoldyrekening nie. Dit bring ons by die beskikbaarheid van die Kaapse vryboeke. Toevallig kom ek op 'n inskrywing van dr. Con de Wet af wat handel oor die vryboeke. Sy verwysing is (Algemeen Rijksarchief, Den Haag) K.A. 3974 Brieven en Papieren van Cabo de Bonne Esperance overgecomen: vryboek, 22.4.1662, geen paginering. Dit lyk dus asof die dokument waarna verwys word wel beskikbaar is, maar nie in Suid-Afrika nie. Ek is bly dat ek weer met Buitenposten kan kommunikeer, daar is mense soos Richard Ball, Mansell Upham en Delia Robertson wat baie waardevolle bydraes kan lewer. Laastens, ek hou van hierdie aanhaling van dr. De Wet: Ou Vlam het my byvoorbeeld geleer dat dit soms nodig is om buite die kassie van die algemeen aanvaarde opvattings en sienswyses te dink. http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext <http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0018-229X201000 0200019> &pid=S0018-229X2010000200019 Groete Elmien Elmien Wood Bellville <mailto:[email protected]> [email protected]

    11/10/2016 11:59:00