Naand almal Sarel Johannes Lodewikus Pretorius ( *28.9.1929 + 8.3.1970) se SK 483-70 (Bfn MK) gee sy ouers se name as Sarel Johannes Lodewikus en Breghie Pretorius. Ten tyde van die seun se dood het die pa nog geleef maar nie die ma nie. Ek het geen verdere inligting oor sy ouers nie en sou graag van iemand hoor wat met enige besonderhede kan help SJL *1929 is met Martha Jacoba Swanepoel *3.12.1932 +9.4.1962, d/v Hendrik Johannes Swanepoel (Bfn MK 1095/65) en Johanna Lodewika Van Heerden (volgens Martha Jacoba se SK) getroud op 21.11.1953. Hul seun, ook SJ, is *1954. Martha Jacoba is oorlede (Bfn MK 611-62) voor sy agtste verjaardag, en sy pa toe hy 15 was. Hy het bitter min inligting oor sy ouers, behalwe wat uit die drie SK's en boedeldokumente in die VAB argiewe en Meesterskantoor getrek kon word (1095/65, 611/62 en 483/70). Sy pa is na sy ma se dood met Anna Maria Prinsloo getroud, en na sy dood is sy met PJW van Wyk getroud. SJL *1954 het ook nie enige fotos van sy ouers nie. So, ek hoop daar is iemand wat meer van Sarel Johannes Lodewikus Pretorius *1929 en sy ouers weet - en dit kan deel! Groete Colin