Note: The Rootsweb Mailing Lists will be shut down on April 6, 2023. (More info)
RootsWeb.com Mailing Lists
Total: 1/1
    1. Re: [BP] GROBLER - HULP AAN KIND MET NAVORSING
    2. Colin Pretorius
    3. More Daniel Die onderstaande uit die Grobler boek b6c1d5e1f3 Johannes Hermanus * 1840.06.12 = 1841.08.04 (Cradock) + 1900.01.17 x Catharina Susanna du PLOOY *1843 + 1920.08.30 (Carolina) b6c1d5e1f3g1 Johannes Hermanus *1862.07.27 = 1862.10.00 (?) (Pretoria) + 1945.05.13 x Magdalena Henrietta EIizabeth VERMAAK *1865.05.24 + 1952.12.07 b6c1d5e1f3g1h5 Louis Johannes *1896.09.20 = 1896.0726(Carolina) x 1929.0430 Johanna Magdalena SWART *1907.10.18 (Standerton) b6c1d5e1f3g1h5i3 Gerhardus Jacobus * 1934.10.28 (Ermelo) x 1956.06.30 (Ermelo) met Gertina Elizabeth TOSEN Colin > -----Original Message----- > From: BUITENPOSTEN [mailto:buitenposten- > [email protected]] On Behalf Of Daniel Jacobs > Sent: 12 August 2016 16:45 > To: [email protected] > Cc: [email protected] > Subject: [BP] GROBLER - HULP AAN KIND MET NAVORSING > > Beste Vriende > > 'n Grobler meisie wat lid is van die Voortrekkerjeugbeweging moet navorsing > oor haar familie doen vir 'n Genealogie projek. > > Iemand met toegang tot die Grobler-register kan nie dalk asb net. vir my > die inligting van Gerhardus Jacobus Grobler b6c1d5e1f3g1h5i3 asook sy Pa en > Oupa stuur nie? > > Baie dankie > > Groete > > Daniel > Ns Net vir die interessantheid iets wat ek geskryf het oor o.a. 'n > eksperiment wat ek met 'n klompie Voortrekkers gedoen het, toe ek 'n paar > jaar gelede by die beweging betrokke was. Dit sê iets oor die waarde van > Genealogie om Geskiedenis vir kinders "lewendig" te maak. > > *"Die aspek van Genealogiese Navorsing (of die opstel van 'n stamboom soos > wat dit in die volksmond bekend is) wat my die meeste interesseer is die > instrument wat dit bied om geskiedenis vir veral kinders en jongmense > lewendig te maak. Nie dat ons almal ewe veel in Geskiedenis hoef belang te > stel nie, maar ek glo dat voordat 'n mens jouself as beskaaf kan beskou jy > darem 'n minimum belangstelling in geskiedenis moet hê!!* > > *'n Dame met die van Wepener het jare gelede vir my vertel dat haar > laerskooldogter geen belangstelling in geskiedenis gehad het nie. Op 'n dag > vertel sy vir haar Pa dat sy van die bekende Louw Wepener (wat in 'n geveg > met Basoeto's gesneuwel het) in die skool geleer het. Haar Pa vertel toe > aan haar dat Louw Wepener een van haar voorsate was. Sedert daardie dag het > sy nie net in haar voorsate se geskiedenis belanggestel nie, maar het sy > ook 'n belangstelling ontwikkel in Geskiedenis as vak.* > > *Ek het per geleentheid vir 'n groep kinders wat lede was van die > Voortrekker Jeugbeweging gevra wat hulle belangstelling in Geskiedenis is > as hulle dit op 'n skaal van van 0 – 10 sou moes plaas. Een van die seuns > het gesê dat sy belangstelling op twee lê. Ek het toe vir hulle gevra hoe > groot hulle belangstelling sou wees as ek aan hulle sou kon bewys dat van > hulle voorouers aan die Groot Trek deelgeneem het. Hy het toe gesê dat sy > belangstelling dan na vier uit tien sou opskuif.* > > *Ek vertel toe aan hulle dat hulle vriend, my jongste seun, die volgende > verbintenisse deur sy voorouers met die Groot Trek het:* > > *My voorname, Daniel Malan, het sy oorsprong by Daniel Johannes Malan wat > in ca 1775 gebore is en 'n neef van Piet Retief was; nog 'n neef van > dieselfde Daniel Johannes Malan is saam met Retief vermoor en nog twee > neefs het by Italeni gesneuwel. Dan was Pieter Daniel Jacobs, > Voortrekkerleier uit Beaufort-Wes, 'n kleinneef van my voorouer > Willem Daniel Jacobs (geb. ca 1804). Pieter Daniel Jacobs was een van die > Kommandante wat onder Andries Pretorius aan die Slag van Bloedrivier > deelgeneem het. Ons stam verder direk af van Michiel > Adriaan Oberholster (skoonpa van Willem Daniel Jacobs) wat na die moord op > Retief saam met nog 12 ander mans deur die Engelse Natal-toe gestuur is. > MA Oberholster was die leier van 'n klomp trekboere wat hulle al voor die > Groot Trek in die Suid-Vrystaat bevind het.* > > *Na ‘n uur se gesels oor hierdie stories en ek ook vir hulle breedweg > vertel het hoe om genealogiese navorsing te doen, het dieselfde seun gesê > dat sy belangstelling nou op ses uit tien staan. Met behulp van die > Genealogie kan ‘n mens dus bewys dat Geskiedenis nie dood is nie - ons > voorouers en hulle broers, ooms, neefs en niggies het deelgeneem aan > belangrike en minder belangrike historiese gebeure of geleef in die tyd toe > dit plaasgevind het." (BRON: www.gendata.co.za > <http://www.gendata.co.za>)* > > Webtuiste: www.gendata.co.za > Linkedin: linkedin.com/in/danielmalanjacobs > Sel: 0798727699 > > Vir gratis Genealogiese Handleiding gaan na http://bit.ly/genhandleiding > > Siebrits/du Toit/Meyer/Zeeman/De Villiers (Franschhoek/Paarl) > Jacobs/Oberholster/Smith (Graaff-Reinet/Fauresmith) > Le Roux/Van der Merwe (Villiersdorp) > Louw/Brink (Kaapstad/Wellington) > De Vos (De Doorns/Wellington) > Malan (Wellington/Zeerust) > Ungerer (Swellendam) > Smith (Wellington) > > ------------------------------- > To unsubscribe from the list, please send an email to BUITENPOSTEN- > [email protected] with the word 'unsubscribe' without the quotes in the > subject and the body of the message

    08/14/2016 08:29:59