Note: The Rootsweb Mailing Lists will be shut down on April 6, 2023. (More info)
RootsWeb.com Mailing Lists
Total: 1/1
    1. [BP] MAGTELD MARGARETHA SMIT X ERASMUS XX ERASMUS XXX CILLIERS
    2. Ben Cilliers
    3. Eers 'n storie en dan 'n paar vrae: Magteld Margaretha SMIT *ca 1789, trou op Graaff-Reinet op 25-3-1804 in Kaapstad, op 15 jarige ouderdom, met Cornelis Johannes ERASMUS. Hulle het vier kinders op die Oos-grens gedoop. Haar man is waarskynlik vroeg oorlede waarna sy op 23 jarige ouderdom, op 27-12-1812 op Graaff-Reinet trou (xx) sy met Jacob Abraham ERASMUS. Hulle het SES kinders op Graaff-Reinet en Cradock gedoop. Die jongste baba is op 23-12-1827 gedoop. Magteld is daarna, op Somerset-Oos op 9-12-1831, 'n derde keer getroud. Die keer met Jan Daniel CILLIERS (*25-7-1795). Uit hierdie huwelik is geen kinders gebore nie. Jan Daniel het egter reeds ses seuns (geen dogters) uit sy eerste huwelik gehad. Hierdie seuns is tussen 1818 en 1828 gebore. Iewers tussen 1839 en 1842 skuif Jan Daniel en Magteld Margaretha Natal toe, huur die plaas Edendale buite Pietermaritzburg by Andries WJ Pretorius, wen 'n siviele hofsaak teen Andries Pretorius, besluit om Natal na die anneksasie daarvan deur die Britse regering te verlaat, koop die plaas Biggarsberg, buite Senekal in die OVS waar hyself, sy wederhelf, en sy oudste seun (Jan George Stefanus wat jonk en ongetroud oorlede is) aldrie begrawe is. Nou my vrae aan die ERASMUS-navorsers. Wat het van Magteld Margaretha se ERASMUS-kinders geword? Het hierdie kinders in die Kolonie agtergebly? Wie het hulle grootgemaak? Al wat ek weet is dat haar een dogter, Johanna Maria, 'n buite-egtelike seun by Jan George Stefanus (hierbo genoem) gehad het. Sy is egter voor die seuns se geboorte met Diederik Johannes DU RAND getroud. Hulle is op Cradock getroud en het ook hulle kinders daar gedoop. Van die ander ERASMUS-kinders weet ek niks. Kan lyslede dalk met inligting help??? Ben Cilliers Paarl

    08/14/2016 03:00:22