Beste Vriende Die Switser Max Weber wie se herinneringe aan die ABO uit Duits vertaal en gepubliseer is as Eighteen months under General de la Rey noem van twee Brink broers wat aan die Slag van Rooiwal deelgeneem het. Een het gesneuwel. Hy noem ook van 'n Brink wat na die Slag van Tweespruit vir Generaal de la Rey ondersteun het in sy voorstel om vir Lord Methuen vry te laat. Laasgenoemde vermoed ek is Adjudant J.N. Brink (D.T.D.), die skrywer van die artikel Die leeu slaan terug! wat in Die Huisgenoot van 10 Maart 1950 verskyn het. Kan iemand dalk asseblief help met die identiteit van die twee Brink broers? Baie dankie! Vriendelike groete Daniel Jacobs www.gendata.co.za