Note: The Rootsweb Mailing Lists will be shut down on April 6, 2023. (More info)
RootsWeb.com Mailing Lists
Total: 1/1
    1. [BP] SPOED VAN LIGTE VEREWAENTJIE IN 1902
    2. Daniel Jacobs
    3. Beste Vriende Lord Methuen wat op 7 Maart 1902 in die Slag van Tweebosch gewond is, is mos deur Generaal de la Rey na sy eie mense in Klerksdorp gestuur om te verseker dat hy beter mediese behandeling kon kry as wat De la Rey vir hom kon gee. Metheun is waarskynlik op Woensdag 12 Maart met 'n "boere verewa" vanaf die plaas Gestoptefontein naby Ottosdal na Klerksdorp vervoer. Google Maps dui die huidige padlangse afstand aan as 77.5 km (Sien https://www.google.co.za/maps/dir/Klerksdorp,+North+West/Gestoptefontein,+505/@-26.8087016,26.1728133,11z/data=!3m1!4b1!4m13!4m12!1m5!1m1!1s0x1e96f0eb88cef2a5:0x5b805a72a3154b36!2m2!1d26.6317514!2d-26.8598225!1m5!1m1!1s0x1e9799a9f365d01b:0x2babab39be003ef4!2m2!1d25.9877799!2d-26.7463899 ) Ek wonder nou teen watter spoed 'n "ligte verewaentjie" (ook genoem wagonette) in 1902 vanaf Gestoptefontein met die gewonde Methuen na Klerksdorp sou kon beweeg? Volgens een van my bronne het hy ongeveer 12H00 op Donderdag 13 Maart 1902 in Klerksdorp arriveer. As 'n dag-en-'n-half te min was vir so 'n rit, moet ek my spekulasie met wanneer die rit begin het heroorweeg. Generaal de la Rey het wel al op Dinsdag 11 Maart 1902 vir Methuen 'n brief gegee waarin hy noem dat hy vry is om na Klerksdorp te vertrek. Ek beskik egter ook oor 'n pas gedateer 12 Maart 1902 waarin o.a. versoek word dat Thomas Leask (susterskind van De la Rey) gehelp moet word om Methuen in Klerksdorp te besorg. Dit is egter nog steeds moontlik dat die rit reeds op 11 Maart 1902 in aanvang geneem het, omdat GA van der Walt in sy boek *Methuen uitoorlĂȘ deur Generaal de la Rey* die volgende opmerking maak: "Maar deur die oponthoud en die noodsaak om stadig te ry, was Lord Methuen bang, dat die tyd op die vry-pas, wat hy van Genl. de la Rey gekry het, te gou verstryk sou wees, om in Klerksdorp te kom. Hy stuur Tom Leask om 'n tweede pas, uit voorsorg, omdat hy anders langs die pad weer moeite sou kan kry." Ek aanvaar dat ek 'n afskrif van die tweede pas het. Leask en Methuen kon dus al 11 Maart 1902 (die dag waarop De la Rey vir hom skriftelik laat weet het, hy is vry om na Klerksdorp te vertrek + naas die brief ook 'n pas gegee het) vanaf Gestoptefontein vertrek het. Methuen besef op 12 Maart dat hulle dalk nie vinnig genoeg in Klerksdorp gaan arriveer nie en vra vir Leask om terug te gaan na De la Rey en vir nog 'n pas te vra. Baie dankie Vriendelike groete Daniel Jacobs Webtuiste: www.gendata.co.za Linkedin: linkedin.com/in/danielmalanjacobs Sel: 0798727699 Vir gratis Genealogiese Handleiding gaan na http://bit.ly/genhandleiding Siebrits/du Toit/Meyer/Zeeman/De Villiers (Franschhoek/Paarl) Jacobs/Oberholster/Smith (Graaff-Reinet/Fauresmith) Le Roux/Van der Merwe (Villiersdorp) Louw/Brink (Kaapstad/Wellington) De Vos (De Doorns/Wellington) Malan (Wellington/Zeerust) Ungerer (Swellendam) Smith (Wellington)

    09/04/2016 11:00:39