Beste Deon Dankie vir die boodskap. Dankie ja ek het toe gesien van die boek wat ek geskryf het. Die hoofrede vir my belangstelling in hierdie Brinks is oor hulle deelname al dan nie aan die Slag van Tweebosch om die gebeure rondom die verwonding en vrylating van Lord Methuen te probeer rekonstrueer. Ek stam self ook uit die Brinks en was verder geinteresseerd waar hulle relatief tot my Brinks in die Brink geslagsregister inpas. Die broers waarna ek verwys het en ook JN Brink is egter van ander takke as myne. Geniet die dag. Groete Daniel Webtuiste: www.gendata.co.za Linkedin: linkedin.com/in/danielmalanjacobs Sel: 0798727699 Vir gratis Genealogiese Handleiding gaan na http://bit.ly/genhandleiding Siebrits/du Toit/Meyer/Zeeman/De Villiers (Franschhoek/Paarl) Jacobs/Oberholster/Smith (Graaff-Reinet/Fauresmith) Le Roux/Van der Merwe (Villiersdorp) Louw/Brink (Kaapstad/Wellington) De Vos (De Doorns/Wellington) Malan (Wellington/Zeerust) Ungerer (Swellendam) Smith (Wellington) 2016-09-26 0:17 GMT+02:00 Deon Wessels [CCDHB] <[email protected]>: > Hallo Daniel > > Het jy die boek gelees van Adjudant J.N. Brink (D.T.D.) "Oorlog en > Ballingskap"? > > Groete > > Deon Wessels > Registered Social Worker (SWRB) > Tawhirimatea > Te Korowai-Whāriki > (04)9182512 > [email protected] > > > -----Original Message----- > From: BUITENPOSTEN [mailto:[email protected] > rootsweb.com] On Behalf Of Daniel Jacobs > Sent: Saturday, 24 September 2016 9:07 p.m. > To: [email protected]; [email protected] > Subject: [BP] Brink wat sneuwel by Rooiwal > > Beste Vriende > > Die Switser Max Weber wie se herinneringe aan die ABO uit Duits vertaal en > gepubliseer is as Eighteen months under General de la Rey noem van twee > Brink broers wat aan die Slag van Rooiwal deelgeneem het. Een het gesneuwel. > > Hy noem ook van 'n Brink wat na die Slag van Tweespruit vir Generaal de la > Rey ondersteun het in sy voorstel om vir Lord Methuen vry te laat. > > Laasgenoemde vermoed ek is Adjudant J.N. Brink (D.T.D.), die skrywer van > die artikel Die leeu slaan terug! wat in Die Huisgenoot van 10 Maart 1950 > verskyn het. > > Kan iemand dalk asseblief help met die identiteit van die twee Brink > broers? > > Baie dankie! > > Vriendelike groete > > Daniel Jacobs > www.gendata.co.za > > ------------------------------- > To unsubscribe from the list, please send an email to > [email protected] with the word 'unsubscribe' without the > quotes in the subject and the body of the message >